|
Suid-Afrikaanse Raad op VerplegingRegulasies Betreffende Registers vir StudenteDie Minister van Gesondheid het, kragtens artikel 11 (1) van die Wet op Verpleging, 1957 (Wet 69 van 1957), sy goedkeuring geheg aan die volgende regulasies betreffende registers vir leerlinge wat deur die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad gemaak is ter vervanging van die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing R. 939 van 28 Junie 1963, soos gewysig deur Kennisgewing R. 2015 van 27 Desember 1963:-
Besonderhede wat op die registers aangebring moet word1. Die volgende besonderhede moet ten opsigte van elke student op die register aangebring word:-
Toelating tot die registers2. (1) (a) 'n Aansoek om registrasie as 'n student, in die vorm van Bylae A, word tesame met die applikant se geboortesertifikaat of 'n gewaarmerkte afskrif van die betrokke bladsy in die applikant se identiteitsdokument, by die Raad ingedien binne twee maande vanaf die aanvangsdatum van die studiekursus. (b) Indien sodanige aansoek na verstryking van die genoemde tydperk van twee maande ingedien word, word slegs die onderrig wat in die twee maande voor die datum van indiening deurloop is, erken as deel van die studiekursus. (c) In die geval van studente wat vanaf 1 Januarie 1988 begin met die studiekursus wat lei tot registrasie as 'n verpleegkundige (algemeen, psigiatries en gemeenskaps-) en vroedvrou soos afgekondig by Goewermentskennisgewing R. 425 van 22 Februarie 1985, soos gewysig, gaan die aansoek vergesel van 'n bedrag van twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46), BTW uitgesluit.
(d) In die geval van 'n aansoek om registrasie as 'n student vir enige ander studiekursus gaan die aansoek vergesel van 'n bedrag van twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46), BTW uitgesluit.
(2) In die geval van 'n gekleurde of Indiër of Bantoe student moet die name wat in die aansoek aangegee word, die name wees wat op die identitietsdokument of die bewysboek verskyn. (3) 'n Sertifikaat van registrasie word uitgereik in 'n vorm deur die raad bepaal.
Skrapping uit die registers3. Die naam van 'n student word uit die register geskrap-
Terugplasing op die registers4. (1) 'n Aansoek om terugplasing in die vorm van Bylae A en 'n bedrag van twee-en-tagtig rand en ses-en-veertig sent (R82,46), BTW uitgesluit moet binne twee (2) maande vanaf die datum van hervatting van enige kursus ingedien word. Indien die aansoek later ingedien word, word slegs die onderrig wat in die twee (2) maande voor die datum van indiening deurloop is, erken.
(2) 'n Sertifikaat van terugplasing word uitgereik in 'n vorm deur die raad bepaal.
Naamverandering5. 'n Student moet die raad skriftelik in kennis stel van 'n verandering van naam deur huwelik of ander wetsproses. In die geval van 'n huwelik moet die huweliksertifikaat ingedien word. Dokumente word teruggestuur.
BYLAE A
DIE SUID-AFRIKAANSE VERPLEEGSTERSRAAD AANSOEK OM REGISTRASIE OF TERUGPLASING AS 'N STUDENT Van Datum Naam van universiteit of verpleegskool
(1) Meld 'Blank' of 'Gekleurd' of 'Indiër' of 'Bantoe'. (2) Skrap wat nie van toepassing is nie. (3) Indien die antwoord op enige van die vrae 'Ja' is, moet volle besonderhede saam met die aansoek voorgelê word.
|
|